Privaatheidsbeleid

Hierdie beleid sit uiteen presies hoe ons jou persoonlike inligting gebruik. Ons neem jou privaatheid ernstig op en sal elke maatreël tref om jou persoonlike inligting te beskerm.

Watter inligting samel ons in?

Ons samel slegs die inligting in wat ons benodig om u bestelling te verwerk. Dit sluit in u:

Rekeningadres
Afleweringsadres
E-posadres
Kredietkaartinligting

Ons samel ook inligting in oor u IP-adres, internetblaaiertipe (“browser type”) en URL-verwysingsdata. Ons gebruik hierdie data om kuberkraakpogings te voorkom, om ons te help om te weet watter internetblaaier mense gebruik en om uit te vind waar ons besoekers vandaan kom sodat ons ons bemarking kan verbeter.

Hoe word my inligting gebruik?
Jou inligting word net gebruik om jou bestelling te verwerk. Ons verkoop of herversprei nie jou inligting aan enige iemand nie.

Veiligheid en berging
Slegs jou rekening-, aflewerings- en bestellingsinligting word gestoor op ons bediener. Hierdie inligting word geënkripteer deur ’n “secure sockets layer” te gebruik voordat dit deur ’n webbediener oorgedra word. Ons bêre nie u kredietkaartinligting nie.

Koekies en webblaaierinligting
Koekies is klein rekenaarvouers wat op u rekenaar bly en ons in staat stel om u te herken wanneer u ons weer besoek of om u inkopiemandjie-inhoud te stoor. Ons gebruik hulle slegs om hierdie inhoud na te spoor.