Afrikanerbier

Die Afrikanerbier herinner ons aan die ou Oktoberfest-dae in Duitsland. ‘n Groot gunsteling onder besoekers! Sien die volledige smaakbeskrywing onder.

  • Elke bottel is 440ml
  • Stoor regop in yskas vir 6 ure voor gebruik.
  • Alkoholpersentasie: 5.4%

In Voorraad

R37.50

Die Afrikanerbier is ons weergawe van 'n Oktoberfest-bier wat ons terugneem na die tradisionele Duitse broustyl.  Gebruik groot hoeveelhede geurige Münchner- en Wienermout vir daardie mout-ruggraat, en net genoeg hops om jou dors te maak vir nog 'n slukkie.