Bavaria Weißbier

Die Bavaria Weißbier is die perfekte bier vir elke sosiale geleentheid. Hierdie is ook die broumeester se gunsteling. Sien die volledige smaakbeskrywing onder.

  • Elke bottel 440ml
  • Stoor regop in yskas vir 6 ure voor gebruik.
  • Alkoholpersentasie: 5.4%

In Voorraad

R34.70

Ons "Bavaria Weißbier“, koringbier met fyn gis in die kronkelende glorie van tradisionele Beierse brou vaardighede. Die sterkte van hierdie klassieke koringbier lê in die harmoniese balans wat dit tussen die verskillende aromas bereik. Geurige koring en gis aromas meng met ligte bitter hops. Die verfrissende koolstofdioksied verseker sy tipiese lewendigheid. 'n Premiumbier waarvan die volronde, maar elegante karakter 'n blywende indruk gee van die uiteindelike Beierse genot. 'n Uiters unieke koringbier. Bavaria Brouery laat sy top-fermenterende spesialiteit op die tradisionele manier in die bottel ryp word, net soos sjampanje. Hierdie koringbier van Bavaria Brouery Orania bied meer as net vonkelverrassing - dit gee 'n ware smaak van Beiere.