Pretorianer

Die Pretorianer is ‘n spesialiteitsbier vir spesiale geleenthede om gaste mee te bederf. Sien die volledige smaakbeskrywing onder.

  • Elke bottel is 440ml
  • Stoor regop in yskas vir 6 ure voor gebruik.
  • Alkoholpersentasie: 6.5%

In Voorraad

R40.50

Ons rooikleurige, geurige enkelbock, "Pretorianer", is versadig met fyn gis en 'n romerige skuim. Dit is 'n spesialiteit met 'n ronde karakter gebaseer op die ekstra lang stoortyd. Die vrugtige reuk van gedroogde appelkose verbind aromas van sitrus, naeltjies en geure van piesang. Vol en vonkelende met 'n bruisende mondgevoel. Die "Pretorianer" smaak nie soos 'n tipiese bock-bier nie, maar meer soos 'n edele, vrugtige koringbier.