Versendingsbeleid
Depositostelsel:
Volhoubaarheid, herwinning en kwaliteit is vir ons baie belangrik. Ons wil graag elke bottel en etiket soveel keer as moonlik gebruik, en daarom gebruik ons slegs die beste bottels en etikette op die mark. Ingesluit by ons bierpryse is ‘n deposito van R5 per bierbottel, wat terugbetaalbaar is in kontant wanneer u die bottels aan ons terugbesorg.
Leë bottels kan by ons afgelaai word met u volgende besoek aan Orania. Kontak ons gerus by inligting@bavariabroueryorania.co.za om reëlings in hierdie verband te tref.
Versendingskoste:
* Binnelandse versending (aflewering binne Suid-Afrika):
Ons gebruik ‘n glyskaal om ons versendingskoste te bereken:
– Bestellings met 1- 6 items se versendingskoste is R145 vir die totale bestelling.
– Bestellings met 7 -12 items se versendingskoste is R185 vir die totale bestelling.
– Bestellings met 13 – 24 items se versendingskoste is R245 vir die totale bestelling.
* Neem asb kennis daarvan dat ons ongelukkig nie bestellings met meer as 24 items kan koerier nie, aangesien die koerierkoste nie geregverdig word nie. Indien jy egter belangstel meer as 24 items te bestel, stuur gerus vir ons ‘n e-pos aan inligting@bavariabroueryorania.co.za sodat ons vir jou ‘n pasgemaakte kwotasie kan aanstuur.
Leityd:
Ons probeer ons bes om die bestelling te verwerk en aan die koeriers te oorhandig binne 48 uur vanaf vereffening van die volle betaalbare bedrag. Dit mag egter in spitstye effens langer neem. Op die langste sal versending plaasvind binne vyf (5) werksdae vandat die bestellinge geplaas is en die volle bedrag vereffen is, indien die item in voorraad is.
Vandat die pakkie oorhandig is aan die koeriers, neem dit tussen twee en ses werksdae om afgelewer te word, afhangend van u ligging.
Koerier:
Ons gebruik die volgende koerier om ons bestellings af te lewer:
The Courier Guy
Naspoor van bestelling
Wanneer die spoornommer van u bestelling voorsien is deur die afleweraar, sal ons u bestelling bywerk met die naspoorinligting. Let asseblief daarop dat daar ’n vertraging mag wees van een of twee werksdae van wanneer die bestelling afgehaal is by ons perseel voordat die pakkie sigbaar is op die afleweraar se sisteem.
Wanneer die bestelling versend is vanaf ons perseel, is ons (Bavaria Brouery Orania) nie verantwoordelik vir enige verliese of skade aan produkte wat gebeur het gedurende die vervoer nie. Versekering vir alle pakkies kan versoek word as ’n bestellingsnota op die betaalblad.
Waglysbestellings (“backorders”):
Indien ’n item agterstallig bestel moet word (“back order”) sal ons ons bes probeer om dit so gou as moontlik te verskeep. Ons sal u egter op hoogte hou van die proses. Wanneer die item beskikbaar word, sal ons dit onmiddellik versend. Items wat op waglys beskikbaar is, sal duidelik so gemerk word in ons aanlyn winkel.